Free Web space and hosting from jislaaik.com
Search the Web


Brief aan Thabo
Tuisblad

Gunsteling Skakels

Foto bladsy1

Foto bladsy2

Brief aan President

Teken Gasteboek

Brief aan die President van die Republiek van Suid-Afrika.

26 Augustus 2003:

  Hallo Thabo!

Het jy nog jou trek-klavier? Ek het vir my `n kitaar bestel. Hulle behoort hom vroeg in September af te lewer. Ek sal Desember in die Kaap wees, dan kan ons so bietjie musiek maak rondom die potjie. Laat weet tog vir Zanele dat ek vir haar een van my ma se vetkoek resepte gestuur het. Sy behoort dit volgende week te ontvang.

Wat is die storie wat ek hoor (en lees!) van Pretoria se naam wat nou verander moet word? Ek was so geskok en wou jou amper bel! Ons het laas in die Kaap `n biejtie hieroor gepraat, maar jy het gemaak of jy nie daarvan weet nie? Ag nee man Thabo! Ek praat nou met jou as `n ou vriend, iemand saam met wie jy al `n lang padjie kom en as mede-mens: Julle kan nie so aanhou om name en goed te verander nie - die volk sal dit nie goed hanteer nie! Ons soek nie nog bomme en kommisies van ondersoek nie! Praat tog met jou makkers, LOS TOG DIE VERLEDE en moenie die afrikaners se geskiedenis probeer vernietig nie.

Dieselfde met oom Paul se standbeeld. Wat op dees aarde het oom Paul die regering gedoen dat hy nou moet waai by die wildtuin? Hy het tog wel die land begin bou na `n baie moeilike tyd vir ons almal. Jy weet hy is `n afrikaner-held, so moenie verder die afrikaners kwaad maak nie.

Dinge gaan nie nou te goed vir die regering se propagande-masjien nie. Dinge onder die afrikaners lyk nie te sleg nie, Thabo? Die manne gaan nog steeds vorentoe, volkspeles, KKNK`s en afrikaanse musiek is besig om die volk op te beur ma `n lang tyd wat die afrikaners mos net gesien is as wit, rassistiese, rugby-spelende mans. Die wiel is besig om te draai. Ek wonder of selfs een van die ander 11 amptelike landstale so `n oplewing toon soos afrikaans? Ek dink dit is vir die jong afrikaanse, wit man in Suid-Afika `n baie opwindende kulturele tyd. Ek wens sommer ek was `n tweeling!

Ek sien dit is nog steeds nat in die Kaap? Ek sal jou wel Desember sien vir my lekker, welverdiende somervakansie en glo my, ek sien moerse baie uit daarna!

Nou ja, kyk tog na die volk, my vriend... groete vir Zanele.

Thomas


Pres. Thabo Mbeki

President van die Republiek van Suid-Afrika